Sing vooraf: Psalm 46:5

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 147:1, 4
Geloofsbelydenis: Apostolicum

Na die wet bid ons vir die Here se leiding in ons lewens met Psalm 19:7.
Wet
Psalm 19:7

Gebed
Amen.

Psalm 2:3

Skriflesing:     2 Konings 3
Teks:               2 Konings 3:27

Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het ’n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het. (2 Konings 3:27 AFR53)

Mens kan enige ding oordoen – selfs die manier waarop jy oorlog voer. Mens kan met jou vyande so haatlik werk dat God jou daarvoor kan begin kwalik neem.
Kom ons kyk na die geskiedenis rondom die menseoffer wat in ons teksvers beskryf word.
In hierdie stadium was Joram koning van Israel – en Joram was ’n baie goddelose koning.
Josafat sien hierin ’n politieke voordeel vir sy mense, want hy was self ook maar versigtig vir ’n sterk leër in Moab.
. . . het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ’n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat? Daarom kom daar nou ’n toorn op u van die Here. (2 Kronieke 19:2 AFR53)

Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u ’n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die Here u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie. (2 Kronieke 20:37 AFR53)

Hulle het ook goed beplan – wat mens seker as ’n deug moet erken teenoor hulle.
Maar u moet net onthou dat Juda in hierdie stadium oor Edom geheers het!
Die konings ondervind egter baie gou probleme, want die gebiede in die woestyn wat gewoonlik in daardie tyd nog water gehad het, het toe opgedroog toe hulle daardeur trek. Dit was ’n ernstige krisis, want die mense is ver van die huis af en vlak voor die vyand se deur.

Dadelik sien ons die verskil tussen die gelowige en die ongelowige mens se optrede.
Dit lyk ook asof Elisa saamgegaan het met die leërs. Waarom, weet ons nie.
Toe Elisa Joram sien, is hy dadelik woedend.
Nadat Elisa tot bedaring gekom het, en ontvanklik geword het vir die woord van die Here, sê hy:

en hy het gesê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate. (2 Konings 3:16 AFR53)

Dan vertel hy hoe die Here water sal voorsien.
Maar dan kom ons by die deel wat hinder. Elisa gaan in vers 18 verder met nog ’n Godspraak, maar die kenmerkende “so spreek die Here” is nie daarby nie.
Maar kyk net na die geweld wat Elisa beveel in die Naam van die Here: Hulle moet hardhandig optree teen die land en die mense.
Die Wet van die Here was baie sagter, want ons lees in Deuteronomium 20:19, 20 dat goeie bome nie afgekap mag word wanneer ’n stad beleër word nie.
As jy ’n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom? Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, dié mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, ’n skans bou totdat dit val. (Deuteronomium 20:19-20 AFR53)

Dit is dus duidelik dat hierdie uiterste hardhandigheid van die Israeliete nie meer eerbare oorlogvoering in die oë van die Here was nie. Dit was suiwer vandalisme – en dit het nog nooit die seën van die Here weggedra nie.

Die Israeliete het doodeenvoudig alles voor hulle tot niet gemaak en verwoes tot by Kir-Haréset. Dit was ’n vesting waarin Mesa gevlug het.

Dit is op hierdie punt net belangrik dat u moet onthou dat Mesa, die koning van Moab, nie die Here aanbid het nie, maar Kamos.

Mesa probeer een laaste wanhoopspoging nog, en dit was om met 700 swaardvegters uit te breek na die koning van Edom toe.
Hierdie heidense koning was toe in hierdie stadium in so ’n benoudheid ingedryf dat hy selfs sy heidense godsdiens verder gevoer het as wat nodig was.
Die Here het geweldig aanstoot geneem aan hierdie gruwel. Maar blykbaar het die Here die Israeliete ook hiervoor kwalik geneem, want die Bybel sê dat daar ’n groot toorn oor Israel gekom het.
Hoe die Here hierdie toorn geopenbaar het, weet ons nie.
Daar is ’n merkwaardige ooreenkoms tussen die offer van Mesa en die een wat God self gebring het.
Maar die wese van die twee offers verskil heeltemal.
Dink net aan die skrikwekkende feit dat, as Christus nie daar was nie, ons almal sonder voorbehoud hel toe sou gegaan het.
Maar God se offer verskil van die een van Mesa ook daarin dat God sy Seun eers roep, en bevestig in die amp as Profeet, Koning en Priester.
Die verskil tussen die twee offers raak al groter hoe meer ons Mesa se offer teen God se offer afspeel:
Die verdere verskil lê tussen hoop en wanhoop:
Noudat daar versoening bewerk is tussen ons en die Here, en sy toorn oor ons verkeerdhede uit die weg geruim is, moet ons ’n bypassende lewe van dankbaarheid lewe.
Kom ons toets onsself en ons sondes aan die Bybelgedeelte:
Ons doen hierdie menslike sondigheid nie net op sosiale vlak nie.
Die deel uit die Bybel laat net die vraag ontstaan of ons nie met hierdie soort lewe en doen ’n aantal van ons oogmerke op die aarde verwesenlik nie, maar in die hemel voor die oordeel van God te staan gaan kom nie.

Dit blyk uit hierdie deel dat dit werklik so is dat iemand anders se ontheiliging van God aan jou gestraf kan word.

Laat ons dan die beter weg volg en die Profeetskap, Koningskap en Priesterskap van Christus – waarvan ons draers is – ook in ons menseverhoudinge uitleef.

Amen.

Slotgebed
Skrifberyming 7-1:3 (31:3)

Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 17 September 2006 (oggend)