Sing vooraf: Psalm 89:11

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 25:7
Geloofsbelydenis: Nicea
Na die wet bely ons voor God hoop op verlossing met Ps. 71:9.
Wet
Psalm 71:9

Gebed
Amen.

Psalm 81:1, 12

Skriflesing:     2 Korintiërs 3
Teks:               2 Korintiërs 3:5, 6

Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ’n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. (2 Korintiërs 3:5,6 AFR1953)

Om ’n verbond met die Here te hê, is om baie intieme omgang met die Here te hê.
Ons gee vanoggend in hierdie preek aandag aan die volgende sake:
1. Waar kom die verbond vandaan?
2. My verbondslewe moet vertoon word.

1. Waar kom die verbond vandaan?

Ons lees in die Bybel baie van die verbond. Ons lees byvoorbeeld dat die Here vir Noag sê dat Hy met hom ’n verbond sal sluit. Die verbond was baie intiem, want die Here sê vir hom reguit dat die Here die verbond oprig tussen Homself en Noag persoonlik en sy seuns met hulle almal se vrouens.

Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. (Genesis 6:18 AFR1953)
Daarna lees ons weer van die verbond.
Baie belangrik is dat die Here vir hom sê dat God vir hom en sy nageslagte ’n God sal wees en hulle sal vir hom ’n volk wees. Die Here het ook baie duidelik gesê dat hierdie verbond net sal geld solank as wat die nasate die verbond onderhou.

Dit beteken dat daar ’n baie noue wisselwerking tussen hulle en die Here moet wees.
Later jare het die nasate van Abraham in Egipte beland. Daar was hulle swaar verdruk. In hulle pyn en ellendes het hulle sterk na die Here geroep en gebid dat Hy hulle moet help. Die Here het hulle verhoor. Hy het Moses gebruik om hulle te verlos.

Maar wat baie belangrik is, is die rede wat die Here gee waarom Hy hulle verhoor het: Hy het hulle verhoor omdat Hy ’n verbond met hulle gehad het (Exodus 2:24; Exodus 6:3-5).

Die Here is ’n seënende en ’n reddende God vir die wat met Hom omgaan – met ander woorde die wat gemeenskap met Hom onderhou. Dit is die mense:
Die Here herhaal hierdie selfde beginsels toe Hy die Wet op Horeb gegee het. Hy het presies dieselfde opdrag en belofte gegee: Ek sal vir julle ’n God wees en julle sal my volk wees. En daarby: Julle moet my verbond onderhou (Eksodus 19:5, 6).

Om die verbond met die Here te onderhou beteken nie dat ons net die hele dag op ons knieë moet staan en bid nie.
Dit is nie die geval dat die Here ons met die verbond wil boelie nie.
2. My verbondslewe moet vertoon word.

Dit is waarom Paulus vir die Korintiërgemeente skryf dat hulle ’n aanbevelingsbrief is.
Die saak raak ons gemeente ook.
Dit is eintlik baie appellerend gestel, want die Korintiërs het dadelik verstaan dat die Heilige Gees wat in hulle werk, nie ’n middel is nie, maar die werkende Oorsaak van hulle geloof.
Daarom moet sy skryfwerk ’n bepaalde heerlikheid in ons lewens vertoon.
Elke gelowige se bekwaamheid moet uitkom in die manier waarop hy/sy die Nuwe Testament of die nuwe verbond in sy lewe hanteer.
Die hart van klip sien op ons sondige verhardheid, maar die woorde wat die Here gekies het, wys daarop dat dit ook gaan oor die Tien Gebooie – die twee kliptafels (Jeremia 31:33; Esegiël 11:19; Esegiël 36:26). Dit is eintlik vanselfsprekend, want die verbond en die Tien Gebooie kan nie van mekaar af losgemaak word nie.

Hierdie tydperk van die nuwe verbond het nou aangebreek in die versoening deur Jesus Christus – en vanselfsprekend dan ook in die nawerking van God die Heilige Gees. Dit staan met spesifieke verwysing na Esegiël 31:31 in Hebreërs 8:10.

Die Here stel die eerste verbond en die nuwe verbond teenoor mekaar.
Ons moet besef dat die Heilige Gees van die lewende God die geloofslewe van elke gelowige in stand hou.
Daarmee word die verskil tussen die eerste verbond en die nuwe verbond gestel.
Ons ken die nuwe verbond al uit die ou tyd uit toe Jeremia dit voorspel het (Jeremia 31:31).
In 1 Korintiërs 11:25 gebruik die Here Jesus ook die term “nuwe verbond”. Dit verwys nou na Jesus se woorde toe Hy die Nagmaal ingestel het. Jesus het gesê:

Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. (1 Korintiërs 11:25 AFR1953)

Die Nagmaal dui dus ook aan dat die nuwe verbond met Christus begin het.
Ons lewe nie meer onder daardie verbond nie. Ons lewe onder die nuwe verbond wat die Here met ons in Christus opgerig het.
Ons het soveel meer heerlikheid as die mense van die eerste verbond, want ons is beklee met die heerlikheid van die Heilige Gees.
Die Heilige Gees laat ons verstaan hoe ons deur Jesus Christus toegang tot die hemel kry.
Nou moet ons as ’n Nuwe-Testamentiese gemeente vir onsself duidelik uitmaak waar ons met hierdie saak staan.
Volgens hierdie gedeelte sal die ongelowige die verbond van die Here sien as iets geweldig neerdrukkends. Dit sal vir hom ’n klomp letters wees wat hom wil versmoor. Daarom sal hy ook altyd daarvan wil loskom.
Amen.

Slotgebed
Skrifberyming 2-4:2 (33:2)

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 4 Maart 2007 (oggend)