Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  34:2, 6.

Gebed.

Psalm  27:4.

Skriflesing:  Amos 5.

Teks:  Amos 5: 4 

Soek My, dan sal julle lewe !

Ons weet almal dat daar altyd mense is wat ander mense 'n rat voor die oë kan draai, omdat hulle oor iets kan voorgee.  Ons ander moet egter aanvaar dat hulle eerlik is, omdat ons nie in hulle harte kan lees nie.

Daar is egter een plek waar geen mens kan voorgee nie. Dis om voor God te maak of jy Hom aanbid, terwyl jy nie in jou hart eerlik is met jou geloof nie.  Niemand kan die Here kul nie, en elke mens wat op so 'n manier glo, word deur die Here gestraf.

In hierdie preek gee ons aandag aan die volgende twee sake:

1. Die dodesang           
2. Genade aangekondig

1. Die dodesang.

As ons hierdie eerste paar verse  'n naam gee, sal ons dit kan noem: 'n dodesang oor 'n jongvrou.  Daar is 'n baie  groot spanning in hierdie eerste paar verse:

Aan die een kant is daar smarte, want dit is werklik 'n dodesang.
Terselfdertyd is daar ook iets moois, want dit gaan oor 'n jongvrou met haar jeug en onaangeraakte skoonheid.
Om hierdie stukkie in die Bybel te kan verstaan, moet ons deurentyd hierdie twee dinge onthou.

'n Dodesang verkondig ellendes.
Die Here bedoel hierdie beeld baie ernstig en ondubbelsinnig.
Met hierdie beeld teken die Here sy volk Israel. Die beeld van die maagd vertel in Israel se geval dat dit 'n volk is wat vroeg in sy geskiedenis staan  ‑  dis nog 'n jong volk.

Maar hierdie maagd waarvan die Here se dodesang vertel, lê op die grond.  Haar siel is uit haar uitgeruk.
Daarmee voorspel die Here dat die plek waar hierdie maagd in voorspoed en geluk gebly het, haar bloed in sy grond sal opdrink.

Die Here beklemtoon dit dat hierdie maagd ten volle ondergaan:
Die volk wat na hierdie profesie geluister het, het die beeld baie goed verstaan: Hulle was die maagd.
Hulle het meer gehoor in die woorde "niemand rig haar weer op nie" as wat ons daarin hoor.
Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

Hulle het dus duidelik gehoor dat die Here met hierdie woorde bevestig dat Hy hulle sondes sal vergewe wanneer hulle berou het, en dat Hy hulle selfs weer sal laat opstaan wanneer die vyand hulle platgeslaan het  ‑  as hulle net wil glo.  Dit was die groot voorwaarde: hulle moes die Here alleen aanbid, en daarby moes hulle aanbidding opreg wees. Maar hulle wou nie hoor nie.

Daarom word daar in vers 3 met nadruk vertel dat dit niemand anders is as die Here HERE wat hierdie dinge voorspel nie, en dan word die geweld van die aanval van die vyand geteken.

'n Stad wat met duisend manne uittrek, word so verslaan en uitgeroei dat daar net honderd oorbly.
'n Stad wat met honderd manne uittrek gaan net tien oorhou.
Dit gaan 'n bloedige neerlaag wees, wat totaal vernietigend vir Israel gaan wees.
So lyk die handewerk van die Here oor die mense wat Hom verlaat of wat Hom in 'n skyn van waarheid aanbid.

2. Genade aangekondig.

Die Here kondig nooit net gerig en oordeel aan nie.  God is 'n God van liefde, en sy genade is so groot dat Hy altyd bereid is om die sondaar wat terugdraai van die kwaad af, sy sondes te vergewe.

Daarom verkondig die profeet nie net oordeel nie, maar ook genade.  Baie skerp is daar 'n wending in die profesie, want vers drie vertel nog van dood en moord, dan staan daar in vers 4:

Soek My, dan sal julle lewe !

As ons die gedeelte so lees, dan word dit vir ons duidelik dat die Here met die oordeelsaankondiging die volk tot bekering wou beweeg.
Hy wou dat die geweld waarvan die profeet  profeteer, 'n ommeswaai in hulle teweegbring, en dat die volk Hom dan reg sal aanbid.
Daarom die opwekking: Wie My soek, sal lewe; hy sal nie nodig hê om te sterwe nie.
 
Daar sit baie duidelik iets in hierdie woorde dat die Here bereid is in sy vrymagtige beskikking om sy oordeel uit te stel, of heeltemal terug te trek, as die volk tot bekering sou kom.
Ons moet ook net altyd besef dat die volk nie 100% afgodsdienaars was nie.  Almal was nie net sleg nie.  Daar was nog steeds enkelinge wat die Here opreg gedien het.  Dink hier aan die keer toe Elia by die Here gaan kla het dat hy die enigste gelowige is wat oorgebly het.  Toe sê die Here vir hom dat hy verkeerd is: daar is nog sewe duisend wat nie hulle knieë voor Baäl gebuig het nie.  Ware gelowiges is daar altyd, al is hulle soms net bitter min.

Hierdie genade‑aankondiging was vir hierdie individuele gelowiges 'n anker waaraan hulle in daardie moeilike tye kon vashou: Hulle moes net die Here bly soek, en dan sou die Here sorg dat hulle bly lewe !

Die oordeelsaankondiging het verskillende kante waarvandaan mens daarna kan kyk.
"Soek My," sê die Here.

"Soek My" het 'n hele aantal betekenisse.
In ons teks het dit al hierdie betekenisse.  Aan al hierdie dinge wat opgenoem is, verbind die Here die belofte van lewe.  Die volk moet dus die Here voluit aanbid  ‑  op elke vlak moet hulle godsdiens puik wees  ‑  dan gee die Here lewe.

Daar was nog 'n gedeelte van Israel wat na Bet‑el en Gilgal toe gegaan het om te aanbid.

Maar werklike godsdiens was dit blykbaar nie.
Dit was waarskynlik meer gewoonte of familiesaamtrekke as wat dit Godsaanbidding was.
Daarom sê die Here dat hulle die uiterlike aanbidding maar kan laat.
Hy soek nie vertoon of voordoen van aanbidding nie.
Hulle moet Hom waarlik aanbid, dan sal hulle lewe.
 
Die volk het goddeloos begin word, en het die Here nie gedien soos dit by gelowiges pas nie.  Die oordeel het dus oor die mense gekom as gevolg van hulle ontrouheid.  Toe kom die oordeelsaankondiging.

En nadat hulle steeds volhard het, is hulle toe ook gestraf.
Die vyand het gekom en het hulle doodgemaak en weggevoer en hulle land totaal verwoes.
 
Die Here openbaar hier iets waarvan ons moet kennis neem:
Ons sal altyd die probleem hê dat ons ongehoorsaam is, maar dit hang af wat dit veroorsaak het en wat ons gesindheid in die saak is. Daar is tog 'n groot verskil tussen:
Daar kom nog by dat die ware gelowige berou het oor sy sondes..
Dis tog duidelik dat sulke mense inderdaad vyande van die sonde is, al begaan hulle soms oortredings.  Vir sulkes is daar die hoop dat die Here hulle vernuut.

Die hoop van hierdie hele saak lê natuurlik opgesluit in die verlossingswerk van die Here Jesus.  Hier pas die profesie van Hosea (6: 2):

Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
NB: Hier het ons ook ‘n dodesang  -  maar ‘n dodesang met ‘n omkeer in hom:  Jesus sterf en staan op!
Die lewe wat die Here beloof, word gekoppel daaraan dat ons Hom moet soek.
Dink aan die lewe by die Here:  Die boek Openbaringe beskryf dit dat daar 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde is.  Op die nuwe aarde staan daar 'n stad.  Die mooiste stad met die duurste boumateriaal gebou wat daar ooit was.
Hierdie woorde van ons teks het hierdie vooruitsig dat die lewe wat God ons gee, uiteindelik by God eindig.  Die lewe wat God gee, gaan uiteindelik bo hierdie aarde met sy tyd uit.

Dink aan die oordeel van God wat vir die wat verswak en versleg het in hulle Godsdiens altyd die tydelike en ewige dood beteken het.
En dink ook daaraan dat vir die wat God liefgehad het, en wat Hom gesoek het, uit die lewe oorgaan in die ewige lewe.
 
Waar staan ons?
Soek die Here, en lewe.

Amen.

Slotgebed.

Slotpsalm 89:10.

Die HERE sal jou seën en jou behoed;  
Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;  
Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Amen.

Dr M.J. du Plessis
4 November 2001
Bellville