Sing vooraf: Psalm 71:14; Psalm 80:10

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 107:1
Gebed
Psalm 86:1
Skriflesing:     Esegiël 17
Teks:               Esegiël 17:22-24; Kategismus Sondag 14

So sê die Here Here: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder ’n steggie neem en dit insit – van die boonste van sy lootjies sal Ek ’n teer puntjie afpluk en self dit plant op ’n hoë en verhewe berg. Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en ’n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon. En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die Here, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die Here, het dit gespreek en gedoen. (Esegiël 17:22-24 AFR53)
 
Hoe kry ’n mens wat in sonde geval het sy saak met die Here weer reg? Is dit moontlik dat hy ooit weer ’n kans het om in die hemel te kom?
In hierdie gedeelte wat ons gelees het, word die versoening tussen die Here en die ou Joodse volk beskryf.
Die agtergrond van hierdie gedeelte is dit: Nebukadnesar het Juda se koning, Jojagin (of Jegonia), wat maar drie maande lank koning was, weggevoer na Babel toe. Dit word in hierdie hoofstuk by wyse van ’n gelykenis vertel. Kyk na vers 3:

So spreek die Here Here: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem. (Esegiël 17:3 AFR53)

Kyk na al die gebeurtenisse wat in hierdie hoofstuk deur simboliek voorgestel word:
Al hierdie gebeurtenisse beskryf hoe God se volk die Here self verlaat het, en hulle hulp nie meer in die aanbidding van sy Naam gesoek het nie.
Die Here gee self genade.
Daarom sal u sien dat hierdie gedeelte eintlik twee tydperke insluit in die woorde van die profesie wat ons as teks gebruik.
Kyk hoe gaan die Here dit doen:

Hy kom nie met ’n groot geskal van trompette en met engeleleërs en bestorm die hel en daarmee saam elke verkeerde mag op die aarde en vernietig dit met krag en geweld nie.
Die Here speel Homself af teen Nebukadnesar. Eers het die groot arend die eerste koning weggeneem. Nou gaan God self optree. Daar kom ’n ander koning, wat deur God voorsien word. Let op dat daar twee beelde in hierdie profesie is:
God die Almagtige gaan ’n steggie van die top van die seder neem.
Ons belydenis leer ook presies wat in ons teks staan. Ons gaan aan die einde van die preek saam daarna kyk in ons belydenis.
Hierdie nederige binnekoms in ons wêreld in is nog later afgerond met ’n vloekdood.
Waarom het die dinge so gebeur? Ons bely dat Jesus met hierdie volkome onskuld van Hom en ook met sy volkome heiligheid, ons sondes voor God bedek (Kategismus vraag 36).

God is ’n God van liefde en genade. Die Ou Testament het dit al gepreek, soos ons dit ook in hierdie Bybeldeel sien. Die Here openbaar sy liefde in sy geboorte en menswording, en in sy dood en opstanding – omdat God ons wil beskerm met sy liefde.

Die verlossingswerk van Jesus het twee kante:
Die betekenis van die hele saak is dat u moet besef dat die Here vir u verlossing voorsiening maak, maar dan moet u die verlossingsraad van die Here ook reg verstaan.
Onthou vir u troos dat die Here hierdie profetiese belofte van herstel nie aan ’n sterk en volmaakte volk gegee het nie. Hy het dit gegee en vervul vir mense wat gebreek is deur hulle sondes, en wat Hom gesmeek het, en steeds smeek vir verlossing en herstel.

Kom ons lees vraag 35 en 36 van die Heidelbergse Kategismus saam, en dan luister ons hoe ons daar al hierdie dinge bely.

Vraag 35: Wat beteken: wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria?
Antwoord: Dat die ewige Seun van God, wat ware en ewige God is (a) en bly (b), die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees aangeneem het (d). So is Hy tegelykertyd die ware nakomeling van Dawid (e), in alles aan sy broers gelyk (f), behalwe die sonde (g).
(a)1 Joh 5:20; Joh l:l; 17:3; Rom 1:3, Kol 1:15. (b) Rom 9:5. (c) Gal 4:4; Luk 1:31, 42, 43. (d) Matt 1:20;
Luk 1:35. (e) Rom 1:3; Ps 132:11; 2 Sam 7:12; Luk 1:32; Hand 2:30. (f) Fil 2:7; Heb 2:14, 17.
(g) Heb 4:15.

Vraag 36: Watter nut verkry jy uit die heilige ontvangenis en geboorte van Christus?
Antwoord: Dat Hy ons Middelaar is (a), en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek (b).
(a)Heb 7:26, 27. (b) 1 Pet 1:18, 19; 3:18; 1 Kor 1:30, 31; Rom 8:3, 4; Jes 53:11; Ps 32:1.

Amen.

Slotgebed
Slotpsalm 65:2

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 9 April 2006 (aand)