Vooraf: Skrifberyming 20:1:1

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.
 
Lofpsalm  23:1 – 3.
 
Gebed.
 
Psalm  65:7.
 
Skriflesing:  Handelinge 17.

Teks:  Kategismus Sondag 10;  Handelinge 17: 25 - 28.

Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,  sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. (Handelinge 17:25-28 AFR53)
 
Hierdie preek van Paulus op die Areopagus was seker een van die beste preke wat 'n predikant nog ooit gepreek het, maar wat die minste uitwerking op die mense wat daarna geluister het, gehad het.  Waarom?
Uit vrees dat hulle die ware God iewers gaan misloop, het die Grieke afgodsbeelde vir elke moontlike god gaan oprig. Paulus het hierby aangesluit en vir hulle begin preek oor die almag van God.
Die heidene wil hulle afgode kan sien. Dit is  waarom Paulus gesê het dat die Here nie in tempels bly wat met mensehande gemaak is nie. God woon in die onsienlike.
 
Ons kyk na die volgende sake:

1. Die verhouding tussen die Here en ons.
2. Hoe wyd is die krag van die Here?
 
1. Die verhouding tussen die Here en ons.
 
Al kan die Here nie soos 'n heidense afgodsbeeld op 'n plek neergesit word waar almal Hom kan sien nie, beteken dit nie dat Hy nie bestaan nie. Inteendeel ons God is so magtig dat Hy oor alles mag uitoefen sonder dat Hy gesien hoef te word!
Ons noem die versorging van die Here die voorsienigheid.
Ons onderskei in die voorsienigheid van die Here die volgende dinge:
Hierdie dinge is belangrik. Ons wil en moet dit wil weet.
Die voorsienigheid van God is ook die regering van God.  God regeer nie by toeval nie.
Die Here se verlossingsraad beteken vir ons die volgende:
2. Hoe wyd is die krag van die Here?
 
In Psalm 115 het die digter op die afgodsdienaars se vraag oor hoe wyd die mag van God strek, geantwoord:  Die Here doen wat Hy wil.
 
Paulus het dit net anders gesê: Die Here word nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
Dit is  waarom die gelowiges die voorsienigheid van die Here bely:
Hoeveel keer loën ons nie die Here op hierdie punt nie? Ons bely op grond van wat die Bybel ons leer dat daar niks gebeur wat God nie beplan nie, maar ons sê baie keer "toevallig het dit/dat gebeur." Dit is  'n fout, want in jou daaglikse lewe moet jy die suiwerheid van jou godsdiens handhaaf. As ons dit nie doen nie, dan verloën ons die almag van God met ons "onskuldige" taalgebruik  ‑  soos wat ons dit noem.
 
U moet weet dat hierdie manier van praat nie so onskuldig is nie  -   dit is  ongeloof, want die werklikheid binne‑in ons kom op hierdie manier uit.
Kom ons roep maar net enkele dinge op wat die almag van God bewys:
Daarom moet ons almal in voorspoed dankbaar wees, want daarin openbaar die Here sy liefde vir ons.
 
Ons kom almal soms in die moeilikheid.
Wanneer ons dwaal, of wanneer ons godsdiens verslap, dan beweeg die Here ons terug na Hom toe  ‑  en dikwels is dit nodig dat Hy ons bekering aanhelp met straf.
Broeders en susters, die Almagtige  openbaar sy raad aan ons sodat ons geloof in Hom groot en sterk mag wees. Laat ons daarom ook werk en leef tot eer van die Here  ‑  sodat ons ons roeping wat Hy vir ons vasgelê het, nl. om Hom te verheerlik, kan nakom.
 
Kom ons lees Kategismus Sondag 10 saam:

Vraag 27:  Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antwoord:  Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a)  waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).

(a)Hand 17:25-28;  Jer 23:23, 24;  Jes 29:15, 16;  Eseg 8:12.  (b) Heb 1:3.  (c) Jer 5:24;  Hand 14:17.  (d) Joh 9:3.  (e) Spr 22:2.  (f) Matt 10:29;  Spr 16:33.
 
Vraag 28:  Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?
 Antwoord:  Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees.  Verder dat ons ook vir die toekoms 'n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).

(a)Rom 5:3;  Jak 1:3;  Ps 39:10;  Job 1:21, 22.  (b) 1 Tess 5:18;  Deut 8:10.  (c) Ps 55:23;  Rom 5:4.  (d) Rom 8:38, 39.  (e) Job 1:12;  2:6;  Spr 21:1;  Hand 17:2.

Amen.
  
Slotgebed.
 
Slotpsalm 62:4.
 
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.
 
Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 19 September 2004. (aand)