Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  98: 1, 2.

Gebed.

Psalm     84: 2, 5.

Skriflesing:  Hebreërs 7
Teks:  Kategismus Sondag 11; Hebreërs 7: 25
Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy vir altyd leef om vir hulle in te tree.

Dit is in ons tyd baie moeilik om 'n ware Christen te wees, want ons leef in die eeu waarin die duiwel homself baie diep in die kerk ingegrawe het.
Dit is waarom daar 'n groot aantal mense is wat hulleself Christene noem, maar dit nie meer is nie. Kom ons kyk na voorbeelde:
Dit bring ons by die diepte-vraag: Wie bepaal die dogma van die kerk? Wie bepaal wat 'n kerk is en wat in 'n kerk geleer mag word? Die antwoord op albei vrae is: Die Here. Die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.

Kom ons besin in hierdie preek weer 'n keer saam oor 'n paar basiese dinge wat ons van die Here Jesus Christus glo en bely:

1. Die naam Jesus openbaar die heerlikheid van die Seun van God.
2. Alleenlik in die Naam Jesus lê die geluk van die gelowiges.
3. In die naam Jesus is daar 'n vonnis vir "naam-christene."

1. Die naam Jesus openbaar die heerlikheid van die Seun van God.

Waarom het die Verlosser nie 'n ander naam gehad nie, soos bv. Petrus? Of enige ander naam wat destyd in gebruik was nie? Het sy koms aarde toe nie net oor die feit gegaan dat Hy 'n mens geword het nie, waarom moet ons nou nog 'n bepaalde mensnaam by die saak gaan betrek? 
Die mense het dus nie Iemand met 'n bepaalde naam verwag nie.
Jesus was God wat in die gestalte van 'n mens op die aarde gelewe het.
2. Alleenlik in die Naam Jesus lê die geluk van die gelowiges.

Langs hierdie Naam is daar geen Naam wat met soveel trots en heerlikheid gesê kan word nie.
Ons geluk lê daarin dat ons Hom alleen bely en met alles breek wat of iets wil bylas tot ons saligheid, of wat aan die ander kant, Jesus se versoening wil afwater, asof enige ander godsdiens of vorm van aanbidding ook die moontlikheid van redding het.

Die aanbidders en belyers van Jesus Christus kan daarop staatmaak dat hulle die ewige lewe het, want Hy lewe nog steeds, en maak nog steeds die wat Hom bely salig.
Om die geluk en vrede wat ons in die hiernamaals gaan geniet, te verstaan, moet ons eers kyk wat al die dinge is waarvan ons verlos word.
Aan die ander kant kom haal Hy ons na Hom toe (1 Tess. 4). Daar by Hom is die toestande waaronder ons lewe heeltemal anders as wat dit hier is.
Die saligheid is nie iets wat eers na die dood in ons hande kom nie.
Ons lewe al hoe meer 'n lewe waarin ons in die geselsskap van God kom. Dit is die geluk en vrede wat deur die Naam Jesus aan ons besorg word.

3. In die Naam Jesus is daar 'n vonnis vir "naam-christene."

Dit kan nie anders nie: Ons moet ons lewe en ons aanbidding toets deur selfondersoek. Aanbid ons Jesus opreg en van harte of nie?

Die feit is dat Hy net verlossing en volmaaktheid gee vir die wat Hom as Verlosser dien.
Dit behoort ons te laat besef hoe nougeset ons benadering in ons aanbidding moet wees.
Die Here vra van ons skerp geloofsonderskeiding. Ons leef in die tydvak van die opkoms van die antichris en sy voorlopers. Daarom moet u vir uself dit duidelik kry dat ons aanbidding en ons geloof hoegenaamd geen ruimte laat vir godsdiensverruiming nie:
Natuurlik behoort daar voortdurend godsdiensvernuwing te wees. Ons moet steeds soek hoe ons die Here meer en meer in waarheid kan aanbid. Hierdie vernuwing moet egter 'n paar perspektiewe hê:
Die oomblik wanneer hierdie beginsels nie toegepas word in vernuwing nie, is daar fout. Ons mag alleenlik beginsels en gebruike hê wat ware godsdiens aan die Here is. Dit is hoe Jesus dit wil hê.

Sy kruisdood deel die mensdom in twee duidelik onderskeibare groepe:
Vir hierdie groep skenk Jesus verlossing uit die wraak van God en 'n lewe tot in ewigheid. Dit is waarom die Bybel van Hom leer dat Hy die wat deur Hom tot God gaan volkoms kan red, omdat Hy vir altyd leef om vir hulle in te tree.

Kom ons lees Kategismus Sondag 11 saam:
Vraag 29:  Waarom word die Seun van God genoem:  Jesus, wat Verlosser beteken?
Antwoord:  Omdat Hy ons van al ons sondes verlos (a) en by niemand anders enige saligheid te soek of te kry is nie (b).
(a)Matt 1:21;  Heb 7:25.  (b) Hand 4:12;  Joh 15:4, 5;  1 Tim 2:5;  Jes 43:11;  1 Joh 5:11.

Vraag 30:  Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus?
Antwoord:  Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem (a).  Slegs een van twee dinge is immers moontlik:  of Jesus is nie 'n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met 'n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is (b).
(a)1 Kor 1:13, 30, 31;  Gal 5:4..(b) Heb 12:2;  Jes 9:6;  Kol 1:19, 20;  2:10;  1 Joh 1:7.
Amen.

Slotgebed.

Slotpsalm 89: 1.

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum:  31 Augustus 2003