Sing vooraf:  Psalm 93:1,   

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  47:4

Gebed.
Amen.

Skrifberyming 1-1:5.

Skriflesing:  Jeremia 23.
Teks:  Jeremia 23:23, 24; Heidelbergse Kategismus Sondag 10

Is Ek ‘n God van naby, spreek die HERE, en nie ‘n God van ver nie?  Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE. (Jeremia 23:2324 AFR53)

Die Here het aan Jeremia openbaar dat Hy alomteenwoordig is en dat Hy die hemel en die aarde vervul. Die openbaring van die Here het ’n naam: Die leer van die Voorsienigheid.
Die Here openbaar die dinge, omdat Hy wil hê dat ons die geweldige troos in die feit van sy skepping en onderhouding van alle dinge moet raaksien.
Wat is die Voorsienigheid presies? Die antwoord kry ons in die Bybel  -  soos ons dit opgesom het in die Nederlandse Geloofsbelydenis (Art 13).

Ons glo dat die goeie God, nadat Hy alle dinge geskep het, dit nie laat vaar of aan die toeval of geluk oorgegee het nie maar dit volgens sy heilige wil so bestuur en regeer dat in hierdie wêreld niks sonder sy beskikking gebeur nie.  …
Ons verlaat ons hierop, omdat ons weet dat Hy die duiwels en al ons vyande in toom hou, sodat hulle ons sonder sy toelating en wil geen skade kan aandoen nie.  Daarom verwerp ons ook die gruwelike dwaling van die Epikureërs, wat sê dat God Hom met niks bemoei nie en alle dinge aan die toeval oorlaat.

In die eerste plek beteken dit dat God voorsien.  Met ander woorde, dat Hy gee waar daar behoefte is.
Die voorsienigheid is dus die almagtige en alomteenwoordige krag van God, waardeur Hy hemel en aarde onderhou en regeer.
Volgens die Bybel moet ons God se almag en sy wysheid sien uit die gebeurtenisse in ons geskiedenis.

Verder bely ons oor die almag van die Here dat God oor blare, gras, reën en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, en letterlik alles beplan en beskik.  Ons lees dit in Job 12

Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om. (Job 12:15 AFR53)
Die Voorsienigheid van God is juis die waarborg vir die voortbestaan van die aarde, en daarom ook die waarborg van ons voortbestaan – nou en in ewigheid.

Daar is nie so ‘n ding soos toeval nie.
Die Voorsienigheid leer ons dat ons ten volle in Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 19 Maart 2006 (aand).

 God se besit is.
Psalm 145:15,16 lui sò:

Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.  U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. (Psalms 145:15-16 AFR53)

Daar is net een God en sy hand regeer en bestuur alles.

Die Skrif leer die Voorsienigheid van God ook juis so duidelik sodat ons die troos het dat ons ons veilig op die Voorsienigheid van God kan verlaat.
Na die skepping kom die sondeval die wêreld binne.
Hierdie deel van God se Raadsplan is in ons geskiedenis vervul.
Maar Hy het die Gees na ons toe gestuur om in hierdie moeilike tye wat die laaste tyd van die aarde kenmerk, ons Leidsman te wees.
Kom ons lees saam wat die Heidelbergse Kategismus Sondag 10 hieroor bely:

Vraag 27:  Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antwoord:  Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a)  waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).
(a)Hand 17:2528;  Jer 23:23, 24;  Jes 29:15, 16;  Eseg 8:12.  (b) Heb 1:3.  (c) Jer 5:24;  Hand 14:17.  (d) Joh 9:3.  (e) Spr 22:2.  (f) Matt 10:29;  Spr 16:33.

Vraag 28:  Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?
Antwoord:  Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees.  Verder dat ons ook vir die toekoms 'n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).
(a)Rom 5:3;  Jak 1:3;  Ps 39:10;  Job 1:21, 22.  (b) 1 Tess 5:18;  Deut 8:10.  (c) Ps 55:23;  Rom 5:4.  (d) Rom 8:38, 39.  (e) Job 1:12;  2:6;  Spr 21:1;  Hand 17:2.

Amen.

Slotgebed.
Slotpsalm 99:1, 4, 5.

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 19 Maart 2006 (aand).

Tog is God nie die bewerker van die sondes wat gedoen word nie en Hy dra ook nie die skuld daarvoor nie.  Sy mag en goedheid is immers so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en uitvoer, selfs al handel die duiwels en goddelose mense onregverdig.  Ons wil ook nie verder as wat ons kan verstaan, nuuskierig ondersoek instel na dié dinge wat Hy bo die vermoë van die menslike verstand doen nie;  inteendeel, ons eerbiedig juis in alle nederigheid en in aanbidding die regverdige oordele van God wat vir ons verborge is.  Ons is tevrede daarmee dat ons leerlinge van Christus is om slegs te leer ken wat Hy aan ons in sy Woord openbaar, sonder om die grense daarvan te oorskry. (Nederlandse Geloofsbelydenis;  res van art 13)