Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 33:1

Geloofsbelydenis

Wet

Psalm 89:1

Gebed

Psalm 146:1, 3

Skriflesing: Lukas 23:44-56
Teks: Kategismus Sondag 16. Lukas 23:44-56

Golgota is die plek van vernedering.
Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!

Wie van ons sou dit verwag?
Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is nie?
So doen Christus in sy oomblikke van die grootste vernedering sy Middelaarswerk tot ons grootste verbasing. Lukas verhaal aan ons dat Jesus se eerste en laaste kruiswoorde 'n gebed aan sy Vader is.

Die Here openbaar dit nie sonder rede nie! Daarmee tipeer Lukas Christus as die Middelaar.
As ons so luister na alles wat daardie dag gebeur het, nl. die duisternis, die skeurende voorhangsel en die mense wat hulle bors geslaan het, dan vra ons onwillekeurig:
Op hierdie punt stuit ons voor die misterie van God se raad. Ons kan nie antwoord nie. Hebreërs 2:14 sê dat dit is sodat Christus deur die dood die duiwel kon vernietig wat mag het oor die dood, sodat Hy ons daarvan kon bevry.

Maar hoekom God juis beplan het dat dit op hierdie wyse moet gebeur, kan ons nie antwoord nie. Dit is 'n misterie. God het dit gewil dat die verlossing van die mens op hierdie manier sal plaasvind. Ons moet in ons geloof daarmee volstaan.
Ons Kategismus antwoord ook sonder enige verduideliking:
Christus moes Homself tot in die dood verneder, omdat die geregtigheid en waarheid van God eis dat nie anders vir ons ongeregtigheid betaal kon word nie, as deur die dood van die Seun van God nie.

Christus se pad was heeltemal anders as dié van die mense.
Jesus se vyande het na sy dood gesmag. Toe Hy dood is, was hulle tevrede.
Omdat die mense tevrede was met die dood van die Seun van God, het die natuur die stilswye verbreek.
Die twee moordenaars het langer geleef as Christus. Hulle bene moes gebreek word om hulle dood aan te help. Waarom?
So lief het God ons gehad.
Hy bevestig met sy dood sy leer aan die mense.
Jesus was ook die profeet wat gesê het dat God hierdie steen wat die aardse bouers uitgegooi het, gaan gebruik as 'n hoeksteen in die gebou van die hemelse koninkryk.

Jesus sterf ook as die gesalfde Priester. Sy offer is die volmaakte een. Ons lees die volgende in Hebreërs 9:13,14:

Want as die bloed van stiere en bokke en as die van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

Christus het Hom ook aan die kruis betoon as die waardige gesalfde Koning van God.
Dit is waaraan ons vashou vir ons saligheid!
Al weet ons al hierdie dinge, lees ons so maklik daaroor, sonder dat ons verstaan wat daar werklik aangaan. Daarom vra die Heidelbergse Kategismus ons verder uit na ons geloofsbelydenis: Waarom bely julle dat Hy neergedaal het na die hel?

Dit is om die feit van Christus se verskriklike lyde te onderstreep. Ons mag dit nie miskyk nie.
Dit is waarvan Psalm 116 vertel met die woorde:

Bande van die dood het my omring, en die angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.

Geliefdes, ons moet as verlostes leef, soos mense wat van alle doodsbenoudheid verlos is.
Kom ons lees Kategismus Sondag 16 saam:

Vraag 40: Waarom was dit noodsaaklik dat Christus Hom tot in die dood toe verneder het?
Antwoord: Weens die geregtigheid en waarheid van God (a) kon nie anders as deur die dood van die Seun van God vir ons sondes betaal word nie (b).
(a) Gen 2:17. (b) Rom 8:3, 4; Heb 2:14, 15.

Vraag 41: Waarom is Hy begrawe?
Antwoord: Om daarmee die versekering te gee dat Hy werklik gesterf het (a).
(a) Hand 13:29; Matt 27:59, 60; Luk 23:53; Joh 19:38.

Vraag 42: As Christus dan vir ons gesterf het, waarom moet ons ook nog sterwe?
Antwoord: Ons dood is nie 'n betaling vir ons sondes nie (a), maar slegs 'n afsterwe van die sondes en 'n deurgang tot die ewige lewe (b).
(a) Mark 8:37; Ps 49:8. (b) Fil 1:23; Joh 5:24; Rom 7:24.

Vraag 43: Watter nut verkry ons nog verder uit die offer en dood van Christus aan die kruis?
Antwoord: Deur sy krag word ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe (a). Gevolglik kan ons sondige begeertes nie meer oor ons heers nie, (b) maar kan ons onsself as 'n dankoffer aan Hom toewy (c).
(a) Rom 6:6. (b) Rom 6:6, 12. (c) Rom 12:1.

Vraag 44: Waarom volg daar: en neergedaal het na die hel?
Antwoord: Sodat ek in my swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus my van die hel se benoudheid en pyn verlos het (a). Hierdie verlossing het Hy bewerk deur sy onuitspreeklike angs, smarte en verskrikking (b) wat Hy ook aan sy siel deur sy hele lewe, maar veral aan die kruis gely.het.
(a) Jes 53:5. (b) Ps 18:5, 6; 116:3; Matt 26:38; 27:46; Heb 5:7

Amen.

Slotgebed:
Here U genade is vir ons genoeg. U sorg vir al wat lewe, en dra ons met U krag deur die dae. As benoudheid ons omring, breek U sterkte die geweld van die duiwel. Here seën ons in hierdie nag, en bewaar ons om Christus ontwil.
Amen.

Slotpsalm 103:1, 2

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 12 Oktober 2003 (oggenddiens)