Sing vooraf: Psalm 150:1-3

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 45:10, 16
Gebed
Psalm 43:3, 4

Skriflesing:     Markus 15
Teks:               Markus 15:12-15; Kategismus Sondag 15

Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem? En hulle skreeu weer: Kruisig Hom! Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom! En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.   (Markus 15:12-15 AFR53)

Hierdie gedeelte is werklik die kern waarom die hele Bybel draai: Die dieptepunt van Christus se lyding en sy kruisiging – vir ons.

As ons die gedeelte lees, het ons te doen met twee stelle geweldige teenstrydighede wat net nie wil rym nie, tensy ons die hele saak uit ’n geloofsoog bekyk.
Nou kyk ons net baie kortliks na die betekenis van die Here Jesus Christus se veroordeling.
Dink net aan die verskillende moontlikhede waarop Christus doodgemaak kon word:
Maar nie een van hierdie maniere sou enige regsgeldigheid hê nie – en dit is een van God se vereistes!
Daarby was die keiser op sy beurt ’n stadhouer van God. Dink maar net aan Spreuke 8:15:

Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is; (Spreuke 8:15 AFR53)
Dit is duidelik dat Christus deur ’n regbank veroordeel moes word.
Dit bring ons by die saak waarom Christus daar gestaan het.
Vir wie en waarvoor het die Here Jesus Christus dan gesterf?
Toe is vervul wat op talle plekke in die Ou Testament voorspel gestaan het, byvoorbeeld Jesaja 53:3, 5, 10, 11.

Hy was verag en deur die mense verlaat, ’n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ’n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. (Jesaja 53:3 AFR53)

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jesaja 53:5 AFR53)

Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ’n skuldoffer aangebied het, sal Hy ’n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. (Jesaja 53:10-11 AFR53)

Dit is dan ook hoe dit gebeur dat ons in God se oordeel – waar geen sondaar kan oorleef nie – tog kan oorleef, en selfs vrygespreek word.

Dit stel ons ook nog voor die probleem van die kruisiging. Hulle het mense in daardie tyd net so maklik gestenig of onthoof! Waarom is Jesus juis gekruisig?
Hierdie dood is ook erger as enige ander dood van daardie tyd.
Die hele beginsel agter die kruisdood was daarop gemik om die afsku van die mense op te wek.
Kom ons kyk nog net na die betekenis of die gevolge wat hierdie kruisdood vir die gelowiges gehad het.
Nou moet ons kyk waar ons staan met al hierdie feite.
Dit is natuurlik so dat hierdie dinge vir ons – en vir alle mense – al hoe moeiliker sal word om te glo, al hoe verder die tyd vorder.
Die hele saak is duidelik: As ons dit nie nou doen nie, en ook nie die geleenthede benut om ons geloof sterk te maak nie, gaan die kruisdood van die Here Jesus Christus vir ons later dieselfde verleenthede skep as wat dit vir Pontius Pilatus geskep het, en mag ons dit dalk net so teenstrydig en verkeerd hanteer.

Kom ons lees Kategismus Sondag 15 saam.

Vraag 37: Wat verstaan jy onder die woordjie: gely?
Antwoord: Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het (a). So het Hy met sy lyding as die enigste versoeningsoffer (b) ons liggaam en siel van die ewige verdoemenis verlos (c) en vir ons die genade van God, die geregtigheid en die ewige lewe verwerf (d).
(a) Jes 53:4; 1 Pet 2:24; 3:18; 1 Tim 2:6. (b) Jes 53:10; Ef 5:2; 1 Kor 5:7; 1 Joh 2:2; Rom 3:25; Heb 9:28; 10:14. (c) Gal 3:13; Kol 1:13; Heb 9:12; 1 Pet 1:18, 19. (d) Rom 3:25; 2 Kor 5:21; Joh 3:16; 6:51; Heb 9:15; 10:19.

Vraag 38: Waarom het Hy onder die regter Pontius Pilatus gely?
Antwoord: Sodat Hy onskuldig deur die wêreldlike regter veroordeel sou word (a) en ons daardeur sou bevry van die streng oordeel van God wat oor ons moes kom (b).
(a) Joh 18:38; Matt 27:24; Luk 23:14, 15; Joh 19:4. (b) Ps 69:5; Jes 53:4, 5; 2 Kor 5:21; Gal 3:13.

Vraag 39: Sit daar iets meer in dat Christus juis gekruisig is en nie op ’n ander manier gesterf het nie:
Antwoord: Ja, want daardeur is ek seker dat Hy die vervloeking wat op my gerus het, op Hom geneem het (a), omdat die kruisdood deur God vervloek is (b)
(a) Gal 3:13. (b) Deut 21:23.

Amen.

Slotgebed

Slotpsalm 135:1

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 23 April 2006 (aand)