Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  73:1, 7, 9, 10.

Geloofsbelydenis
Wet

Psalm 99:4, 5.

Gebed.

Psalm  38:1, 5.

Skriflesing:  Prediker 9: 11 - 10: 3
Teks:  Prediker 10: 1b   
'n Bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
In hierdie gedeelte gaan dit oor twee sake:
Ons kyk in hierdie preek na die volgende dinge:
1. Alles wat ons het is ‘n gawe van God.
2. Die wysheid en die dwaasheid van die mense.


1. Alles wat ons het, is ‘n gawe van God.

Die Bybel leer ons dat elke ding wat ons besit of geniet, 'n gawe van God is (Vgl. 2:24 – 3:15; 5:17, 18; 8:15; 9:7, 9).
Die Prediker bewys hierdie stelling van hom met verwysing na dinge wat "onder die son" gebeur. Hy het 'n paar dinge onder die son gesien gebeur.
'n Paar dinge wat die Prediker gesien gebeur het wat hierdie beginsel vir hom bevestig het, is die volgende:
Wat die prediker gesien het, is dat daar 'n hoër mag is wat vir elke mens 'n pad uitgelê het, en die reël van ons lewens lê nie in die reël/gemiddeld van hierdie lewe nie, maar in die reël van die raadsplan wat oor elke lewe beskik.

Die Prediker het iets besonders te sê vir ons gemeente.
Die prediker besef dat die mens heeltemal onkundig is oor sy toekoms.
Die magteloosheid van die mens teen die Here se raadsplan word verduidelik met ‘n beeld:
2. Die wysheid en die dwaasheid van die mense.

Dit wat die Prediker uit die lewe leer, is vir hom baie belangrik.
Soms word aan iemand wat wys is, ook nie die eer gegee wat hom toekom nie, omdat mense in hulle dwaasheid verder lewe sonder om respek te hê vir die mense wat hulle gebring het tot waar hulle is.
Die waarde van hierdie verwysing is dat mense in hulle verwaandheid net sekere mense se kwaliteite erken.
As die man ryk was, sou sy wysheid waarskynlik groot opslae gemaak het, maar omdat hierdie wyse man doodarm is, word sy wysheid afgeskryf.

In die gedeelte wat ons saam gelees het, het die Prediker 'n hele paar voorbeelde opgenoem waarin die dwaashede van mense gelei het tot 'n ander uitslag as wat die werklike een was. Die skrywer vergelyk dit met 'n klomp dooie vlieë wat in die apteker se salf beland het. 
Die tema van die hele saak bly deurentyd dit dat mense aan die verkeerde dinge gewig toeken.
Die skrywer sê dan wat die gevolgtrekking van sy navorsing oor sulke sake is (10: 1). Hoe oordeel mense oor hierdie dinge?
Daar is twee verklarings vir hierdie vers. En altwee van hulle is van toepassing op ons:
Ons pas hierdie beginsel tot vandag toe nog toe in ons kerklike lewe.
Die Prediker leer ons dat daar 'n kontras tussen wysheid en dwaasheid is.
Ons hoef natuurlik nie bang te wees dat daar van iewers af 'n dwaas op ons sal afsluip en kwaad aanvang waaronder ons kan ly nie.
Die vraag is net of ons kan waak teen dwaasheid. Miskien moet ek dit uit 'n ander hoek stel: Kan ons dwaasheid uitken en daarteen veg?
Mens moet die krag van Jesus se versoeningswerk nooit onderskat nie.
Om te lewe soos wat die wysheid van die Here Jesus dit vereis, is nie altyd vir die mense rondom ons aanvaarbaar nie, want daar staan in die Nuwe Testament dat die evangelie vir sommige mense 'n struikelblok en vir ander weer dwaasheid is. So sal ons ook beoordeel word as ons die Here se wil gehoorsaam.

Dit maak egter nie saak as ons nie op elke punt volmaak regkom met die Here se Raad nie, want ons foute wanneer ons probeer reg doen, kan ons nie uit die ewigheid uitkeer nie.  Daarvoor het die Here Jesus ook vir ons versoening bewerk by God.
Amen.

Slotgebed.

Slotpsalm 107:8.

Die HERE sal jou seën en jou behoed;   
Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;   
Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 27 Oktober 2002.