Sing vooraf: Skrifberyming 1-1:2, 6 (24:2, 6)

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 18:1, 11
Geloofsbelydenis Nicea

Na die wet bely ons voor God ons sondeskuld en bid om vergewing van ons sondes met Ps. 4:2
Wet
Psalm 4:2

Gebed
Psalm 139:1
Skriflesing:     Psalm 139
Teks:               Psalm 139: 23

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; (Psalms 139:23 AFR53)

Wie is die Here wat ons aanbid, en hoe naby is Hy werklik aan ons? Dié psalm gee aandag aan twee soorte mense en veral aan die verhouding tussen hierdie twee groepe mense en die Here.
Ons kyk vanoggend na die verskil in die verhoudings wat daar bestaan tussen die Here en die regverdiges en tussen die Here en die onregverdiges.
1. Die Here en die regverdiges
2. Die Here en die onregverdiges
3. Die genade van die Here Jesus Christus

1. Die Here en die regverdiges

Die mens wat naby die Here lewe, ken die Here in sy grootheid en dien Hom in die rykdom van sy heerlikheid. Daarteenoor is dit ook so dat die mens wat die Here nie naby en persoonlik ken nie, met sy woorde en werke die Here haat, en uiteindelik verlore gaan.

Die digter van die psalm het gevoel dat hy baie naby God staan.
Hy besef die naby persoonlike verhouding tussen hom en die Here.
Die psalm begin met ’n belydenis dat die Here alwetend en albeskikkend is.
Die Here openbaar die verhouding tussen die Here en die mens:
Die besef van hierdie dinge laat die digter letterlik duisel.
Let op hoe prakties Dawid die dinge sien en ervaar.
Dit is waarom hy sê dat daar nêrens ’n plek in die skepping is waar hy nie voor die gesig van die Here is nie.
2. Die Here en die onregverdiges

Wat van die onregverdiges?
Dawid noem dan nog ’n voorbeeld om te bewys dat die Here nie deur donker beperk word nie.
Meteens besef Dawid wat die konsekwensies hiervan vir die mens is.
Dawid noem hulle ook so.
Dawid vind hierdie mense se teenwoordigheid baie steurend (v. 19).
3. Die genade van die Here Jesus Christus

Maar wat van Dawid self? Is sy lewe so onberispelik soos wat dit moet wees? Kan hy mense sommer net so veroordeel asof hy goed bekend is met die oordeel van die Here?

Daarom die besinning. Dieselfde besinning wat daar nou by ons teenwoordig moet wees by elke ware gelowige wat ’n lewende verbintenis met God het.
Die psalm eindig met ’n beroep op dit wat Dawid in die begin van die psalm bely het.
Wat wil Dawid met die antwoord maak?
Kan ons vanself op die ewige pad met ons Skepper bly?
Dawid besin oor al die dinge.
Ons verlossing vereis juis dat ons voortdurend moet besin oor hoe ons opreg voor die Here lewe.
Na die Seun se hemelvaart het die Here deur sy Gees intrek geneem in die kerk.
Ons moet nou voluit ’n dankbaarheidslewe vir die Here lewe.
Leef in hierdie genade en ervaar die naby teenwoordigheid van die Here, en daarmee saam sy ewige vrede.
Amen.

Slotgebed
Slotpsalm 8:1, 2, 4

Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 11 Desember 2005 (oggend)