Sing vooraf: Psalm 71:13. 

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  81:1, 4, 11, 12

Gebed.
Amen.

Skrifberyming  18-2:1, 4. 5. (36)

Skriflesing:  Psalm 49
Teks: Kategismus Sondag 5; Psalm 49:8, 16

(49:8) Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (Psalm 49:7 AFR53)
(49:16) Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. (Psalm 49:15 AFR53)

Psalm 49 praat van twee soorte mense.  Die eerste mens is die een wat maar net aan leef, en wat homself in sy eie grootheidswaan verewig sien.  Die mense van vers 12:

(49:12) Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name. (Psalm 49:11 AFR53)

Maar die skrywer het toe gesien wat het gebeur toe die mense gesterf het:
Hier het ons te doen met die onbekommerde oor die hiernamaals.
Maar die Bybel praat ook hier van nog ‘n groep mense.
Maar nogtans sing hierdie Koragiete voort met die grootste geloofsekerheid.
(49:16) Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem.  (Psalm 49:15 AFR53)

Hulle is absoluut seker van hulle saak!  Daar is geen twyfel hoegenaamd nie!  En dis hoe dit behoort te wees!

Ware gelowiges het maar altyddeur met die ding geloop en worstel, daarom kry ons in ons belydenis ook stukke wat oor die spesifieke saak gaan.

Watter mens is daar wat in die Here glo en wat nie soms met ‘n brandgevoel in sy siel rondloop, omdat hy weet hy is verslaaf deur die sonde nie?  Jesus het dit ook gesê in Johannes 8:34:

Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is. (Johannes 8:34 AFR53)

Dan skryf die apostel Paulus ook nog dat ons deur ons sondes onder die vloek van God is.  Die wet stop ons mond toe, sodat die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees.

Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. (Galasiërs 3:10 AFR53)

Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; (Romeine 3:19 AFR53)

‘n Mens se hart wil byna gaan staan van vrees as jy nou teen hierdie agtergrond nog Jesaja 66:6 lees, en dan hoor dat die Here met die geweld en rumoer wat eie is aan ‘n groot oorlog, losbars – tot selfs in die kerk! – so staan dit daar om sy vyande te vergeld.  God gaan maak en breek met die sondaars.

Hoor - ’n rumoer uit die stad! Hoor - uit die tempel! Hoor - dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld! (Jesaja 66:6 AFR53)

Dan is daar nie een ernstige gelowige wat dit hoor en wat nie in sy hart die behoefte en nood aanvoel om verlos te word nie.

Nou is daar talle vrae wat by gelowiges opkom, soos byvoorbeeld:
Die feit is dat verlossing moontlik is.  Die Here sê in Esegiël 18:23 dat Hy nie behae het in die dood van die sondaar nie.  Daarom bekeer Hy ons van ons weë.

Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie? (Esegiël 18:23 AFR53)

Dis waarom die Here die groot genadeverbond met ons gesluit het in die versoeningswerk van die Here Jesus Christus.
Hy sterf vir bepaalde mense, daarom weet die Here wat die getal is van die mense wat in die Nuwe Jerusalem sal woon!
Dit bring ons nou by die Persoon wat die verlossing bewerk het.  Wie is Hy en waarom moes Hy wees wat Hy is?

Die Koragiete het in Psalm 49 gesing dat geen mens ooit sy broer kan loskoop nie, want hy kan nie God se prys betaal nie.
Maar wie kan nou die toorn van God dra?
Hoe erg gaan dit dan wees wanneer die Here kwaad is!
Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?  As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie. (Job 9:2-3 AFR53)
Uit Deuteronomium 4:12 - 24 lei ons af dat die Here die mens se sondes net aan die mens self straf.  Moses waarsku die volk daar dat die Here mense straf wat teen Hom oortree.  Hulle mag nie afgode dien nie, dit gaan hulle net verder in die moeilikheid by die Here bring.

Die Middelaar moet dus ‘n mens wees.
Daarom voorsien God so ‘n Mens.
Wat is die resultaat van God se verlossingswerk vir ons?
Maar onthou dat ons ‘n verantwoordelikheid in die saak het.  Ons kan nie nou maar net roekeloos in ons sonde voortjaag nie.

Johannes 3:16 se eerste helfte ken ons almal, want dis ‘n gedeelte wat baie aangehaal word, maar ongelukkig verswyg ons meestal die tweede helfte.
’n Mens wat hom beroem op sy verlossing, maar aanhou sonde doen, spot met God.
Die verlossing wat die Here Jesus Christus vir ons volbring het, het onder andere die volgende inhoud:
Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, (Kolossense 1:13 AFR53)
…en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. (Romeine 6:18 AFR53)
Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— (Galasiërs 3:13 AFR53)
…naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. (2 Korintiërs 5:19 AFR53)

Nou pas ons Psalm 49 toe op onsself.  Die Koragiete sing van ons ook, maar by watter groep is ons geskaar?
Kom ons lees saam wat in ons Belydenis (Heidelbergse Kategismus Sondag 5) hieroor geskryf is:

Vraag 12:  Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word?
Antwoord:  God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word (a).  Daarom moet ons òf deur onsself òf deur 'n ander ten volle betaal (b).
(a)Gen 2:27;  Eks 23:7;  Eseg 18:4;  Matt 5:26;  2 Tess 1:6;  Luk 16:2.  (b) Rom 8:4.

Vraag 13:  Kan ons deur onsself betaal?
Antwoord:  Nee, glad nie;  ons maak juis ons skuld elke dag nog groter (a).
(a)Job 9:2;  15:15, 16;  4:18, 19;  Ps 130:3;  Matt 6:12;  18:25;  16:26.

Vraag 14:  Kan enige ander skepsel vir ons betaal?
Antwoord:  Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a).  Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).
(a)Eseg 18:4;  Gen 3:17.  (b) Nah 1:6;  Ps 130:3.

Vraag 15:  Hoe 'n middelaar en verlosser moet ons dan soek?
Antwoord:  So een wat 'n ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat terselfdertyd ware God is (c).
(a)1 Kor 15:21:  (b) Heb 7:26.  (c) Jes 7:14;  9:5;  Jer 23:6;  Luk 11:22.
Amen.

Slotgebed.
Slotpsalm 118:8

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 5 Februarie 2006 (aand).