Sing vooraf: Psalm 33:1, 3 (157)

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 104:1, 20 (510)
Gebed
Psalm 25:7 (117)
Skriflesing:     2 Samuel 9:1-12 en Romeine 3
Teks:               Romeine 3:20-24; Kategismus Sondag 23

. . . aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. (Romeine 3:20-24 AFR53)

In ons hele lewe – ook ons geloofslewe – gebeur daar dinge van genade en dinge van oordeel. Anders gesê: Daar gebeur dinge van vreugde en dinge van smart. Kom ons noem voorbeelde van sulke dinge:
Kom ons kyk na enkele dinge rondom die manier waarop ons regverdig word sodat ons in die hiernamaals kan wees.
1. Geloof is ’n saamlooppunt
2. Wat is die oorsaak van ons regverdigverklaring?
3. Hoe is al hierdie dinge moontlik?

1. Geloof is ’n saamlooppunt

Geloof is die een ding waar al hierdie dinge soos verdoemenis en die ewige saligheid in ons lewe by mekaar kom.
Nou kom die vraag: Watter saak maak dit nou aan jou dat jy al hierdie dinge glo?
Dit gaan dus in die eerste plek oor die waarde wat die regverdiging in Jesus Christus vir my het.
Uit die bloute het daar vir Mefiboset versorging gekom.
Kom ons kyk na onsself.
Met die geloof kom ons ook in ’n erfgenaam-posisie voor die Here.
Elkeen ken homself. Ons sal blatant oneerlik wees as ons ontken dat ons vol ongeregtigheid is.
Ons voel ook baie keer so onwaardig oor al die waarheid van ons sondes dat ons onsself nie kan sien as erfgename van die ewige lewe nie.
Ons word volkome vry verklaar.
2. Wat is die oorsaak van ons regverdigverklaring?

Dit is ’n saak waaraan ons moet aandag gee. Wat is die oorsaak van hierdie regverdigverklaring?
Waar is die mond wat durf verdoem as God sy kind regverdig noem?
Ons kan maar net sê: Sonder enige verdienste.
Ons is in dieselfde posisie as die tollenaar wat gaan bid het in die gelykenis.
Wie of wat is hierdie genade wat al hierdie dinge aan my laat toekom?
Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? (Romeine 8:31-32 AFR53)

Die bedoeling is dat ons net een uitspraak oor die sonde kan gee, en dit is dat die genade van die Here ons daarin teen sy veroordeling beskerm.

Die apostel Paulus vervolg sy betoog:
Die Here Jesus Christus moes buig onder die oordeel en toorn van God ter wille van ons sondes.
Van nature staan ons half afkerig teenoor die genade.
Die Here Jesus Christus skenk dus eintlik twee dinge:
3. Hoe is al hierdie dinge moontlik?

Hoe kan dit wees dat my regverdigverklaring so geweldig baie waarde het? Hoe kan Christus se genade veroorsaak dat ons al hierdie dinge bekom?

Dan is die antwoord dat die dinge moontlik is deur die geloof.
Die vervulling van die raad van God se verlossing oor ons berus op ons geloof alleen – van ons kant af gesien.
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. (Romeine 5:1-2 AFR53)
 Dan blyk dit hoe ons rondspartel in ons eie pogings om onsself te regverdig.
Die Here alleen kan die Regter wees wat my onskuldig verklaar
Kom ons lees Kategismus Sondag 23 saam.

Vraag 59: Maar wat baat dit jou nou dat jy dit alles glo?
Antwoord: Dat ek in Christus voor God geregverdig en ’n erfgenaam van die ewige lewe is (a).
(a)Hab 2:4; Rom 1:17; Joh 3:36.

Vraag 60: Hoe is jy regverdig voor God?
Antwoord: Slegs deur ’n ware geloof in Jesus Christus (a); so dat al kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie (b) en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (c), God nogtans (d) aan my sonder enige verdienste van my kant (e), uit louter genade (f) die volkome genoegdoening (g), geregtigheid en heiligheid van Christus skenk (h). Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my volbring het (i). Aan hierdie weldaad het ek deel vir sover ek dit met ’n gelowige hart (j) aanneem.
(a)Rom 3:21, 22, 24; 5:1, 2; Gal 2:16; Ef 2:8, 9; Fil 3:9. (b) Rom 3:9. (c) Rom 7:23. (d) Rom 4:4;
2 Kor 5:19. (e) Tit 3:5; Deut 9:6; Eseg 36:22. (f) Rom 3:24; Ef 2:8. (g) 1 Joh 2:2. (h) 1 Joh 2:1.
(i) 2 Kor 5:21. (j) Rom 3:22; Joh 3:18.

Vraag 61: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?
Antwoord: Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is (a). En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie (b).
(a)1 Kor 1:30; 2:2. (b) 1 Joh 5:10.

Amen.

Slotgebed
Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 21 Mei 2006 (aand)