Sing vooraf: Psalm 130:2

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 31:5
Gebed
Psalm 1:1

Skriflesing:     Romeine 7
Teks:               Romeine 7:7; Kategismus Sondag 34

Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. (Romeine 7:7 AFR53)

In die gedeelte wat ons gelees het, skryf die apostel Paulus baie oor die verhouding tussen bekering en die wet. Hy noem dit ’n verhouding tussen lewe en dood.

Ons gee in hierdie preek aandag aan:

1. Die wet en Paulus se agtergrond
2. Die wet en bekering
3. Die wet en dankbaarheid

1. Die wet en Paulus se agtergrond

Die dinge wat ons in die Bybel lees, is nie altyd maklik en eenvoudig om te verstaan nie.
Dit beteken nie dat solank ’n mens ’n heiden en ’n ongelowige is, hy geen sondes doen nie, maar sodra hy bekeer raak, dan begin hy sonde doen nie.
Om dit te kan verstaan moet u onthou dat Paulus ’n Fariseër was. Hy het in ’n sekere sin heeltemal deurmekaar grootgeword. Sy familiegeskiedenis is ook baie ingewikkeld.
Hy word dus ook groot in drie wêrelde:
Wat het die Fariseërs geglo?
Toe gebeur daar hierdie belangrike ding met Paulus dat hy op pad na Damaskus toe tot bekering kom. Dit het die manier waarop hy na die wet gekyk het, heeltemal verander.
2. Die wet en bekering

‘n Bekeringslewe en die wet gaan dus hand aan hand.
‘n Onbekeerde mens staan ook in ’n verhouding tot die wet.
Ons gewete speel natuurlik ook ’n belangrike rol in ons verstaan en belewenis van die wet.
Ons Verlosser het ons vrygemaak van diensbaarheid aan die Satan. Die duiwel kan ons nie nou meer dwing om sonde te doen nie.
Paulus se gewete dryf hom dat hy voel hy is dood. Maar ons hoef nie moedeloos te word as ons sonde gedoen het nie, want mens hoef nou nie te voel dat alles verlore is en dat daar ’n stikdonker hiernamaals vir jou wag nie.
3. Die wet en dankbaarheid

Dikwels word mens se dankbaarheid gebore uit jou onmag. Dit was net so met Paulus:
Dit is met ons ook so dat ons iets eers waardeer as iemand iets vir ons doen – eers wanneer ons besef dat daar iets is wat ons nie kan doen nie.
Prakties beteken dit dat ons nie wil sonde doen nie.
Die wet is dus soos ’n dokter wat jou presies kan diagnoseer. Maar meer kan die wet nie doen nie – hy kan jou nie gesondmaak nie. Dit kan nie die ewige lewe gee nie.

Waar staan ons gemeente nou ten opsigte van die wet?
Kom ons lees Kategismus Sondag 34 saam:

Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here?
Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis uitgelei het.

Die eerste gebod
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Die tweede gebod
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is of van wat in die water onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en nie dien nie, want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God, wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en die vierde geslag van die wat My haat. En Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.

Die derde gebod
Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Die vierde gebod
Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die sabbat van die Here, dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Hy die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Die vyfde gebod
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Die sesde gebod
Jy mag nie doodslaan nie.

Die sewende gebod
Jy mag nie egbreek nie.

Die agste gebod
Jy mag nie steel nie.

Die negende gebod
Jy mag geen vals getuienis teen jou naaste spreek nie.

Die tiende gebod
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Vraag 93: Hoe word hierdie gebooie ingedeel?
Antwoord: In twee tafels (a), waarvan die eerste in vier gebooie ons leer hoe ons ons teenoor God moet gedra, die tweede in ses gebooie, wat ons aan ons naaste verskuldig is (b).

(a) Deut 4:13; Eks 34:28; Deut 10:3, 4. (b) Matt 22:37, 40.

Vraag 94: Wat gebied God in die eerste gebod?
Antwoord: Ek moet ter wille van my siele heil en saligheid alle afgodery (a), towery, waarsêery, bygeloof (b), aanroeping van heiliges of ander skepsels (c) vermy en daarvan wegvlug. Ek moet die enige ware God reg leer ken (d), Hom alleen vertrou (e), my slegs aan Hom met alle nederigheid (f) en geduld onderwerp (g) en van Hom alleen alle goeie dinge (h) verwag. Ek moet Hom met my hele hart liefhê (i), vrees (j) en eer (k). Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel (1).

(a) 1 Joh 5:21; 1 Kor 6:10; 10:7, 14. (b) Lev 19:31 Deut 18:9, 10, (c) Matt 4:10; Op 19:10; 22:8, 9.
(d) Joh 17:3. (e) Jer 17:5, 7. (f) 1 Pet 5:5. (g) Heb 10:36; Kol l:11; Rom 5:3, 4; I Kor 10:10; Fil 2:14. (h)
Ps 104:27; Jes 45:7; Jak 1:17. (i) Deut 6:5; Matt 22:37. (j) Deut 6:2; Ps 111:10; Spr 1:7; 9:10; Matt 10:28.
(k) Matt 4:10; Deut 10:20. (1) Matt 5:29; 10:37; Hand 5:29.

Vraag 95: Wat is afgodery?
Antwoord: Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar, het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel (a).

(a) Ef 5:5; 1 Kron 16:26; Fil 3:19; Gal 4:8; Ef 2:12; 1 Joh 2:23; 2 Joh 9; Joh 5:23.

Amen.

Slotgebed
Slotpsalm 64:7

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 13 Februarie 2005 (aand)